Die Geskiedenis van die Nederduitse Hervormde en Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika – G. D. Scholtz

R100.00

Toestand: Redelik. Stofomslag toon baie verweer en papierverlies op rugkant. Boek self nog stewig. Skade op die rante van sommige bladsye, maar affekteer nie teks nie.
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 304
Uitgegee: 1956 (Nasionale Handelsdrukkery)
ISBN:

Out of stock

Description

Die Geskiedenis van die Nederduitse Hervormde en Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika – G. D. Scholtz

Die Ned. Herv. of Geref. Kerk in Transvaal was deur die jare in sy werk so nou verbonde aan die lotgevalle van ons volk dat hierdie boek van waarde en betekenis sal wees vir elkeen wat belang stel in die geskiedenis. Vir die kerklidmaat self sal dit n ryke bron van kennis wees. „Die produk van dr. Scholtz se arbeid is nie net ‘n weergawe van wat reeds bekend was omtrent die groei en bloei van die Transvaalse Kerk nie. Hy het die feite gekontroleer en getoets aan bronne wat tot dusver nog seer selde, en in baie gevalle nooit, geraadpleeg is nie. Die resultaat is n oorspronklike studie waarin veel lig gewerp word op baie van die omstrede punte in die geskiedenis van ons Kerk.”
Ds. C. B. Brink.