Description
Geld in Suid-Afrika – C. L. Engelbrecht
**Die boek bevat ‘n handtekening wat lyk soos dié van die skrywer**
Geld in Suid-Afrika is die romantiese verhaal van drie eeue se geldstelsels.
As die volledigste boek oor die geskiedenis van Suid-Afrika se geld en bankwese, bevat dit ‘n rykdom aan besonderhede en beskrywings van munte en note, toegelig met talle illustrasies en tabelle. Elkeen wat in geld belang stel, sal die boeiende verhale agter al die bekende munte en note geniet. So was daar in die dae van die V.O.C. onder meer die Spaanse reaal, wat twee eeue lank wêreldwyd die handel oorheers het, die veelbewoë riksdaalder (die eerste Suid-Afrikaanse papiergeld) en die skeepsgulden van die Bataafse tyd-perk.
Van 1825 vervang Britse sterling egter die riksdaalder, en ‘n nuwe era van ponde, sjielings en pennies breek aan. 1n tye van voor- en teenspoed bly geld op die voorgrond. Ook die Vrystaat se geld-sake het, na aanvanklike probleme met “blue backs” en die uitreik van “goed voren”, vinnig verbeter. ln die moeilike aanvangsjare van die Z.A.R. is eers “mandaten” en riks-daalders uitgereik, gevolg deur die eerste “staatsponden”, die omstrede en vandag uiters gesogte Burgersponde. Maar die ontdekking van goud het gelei tot ‘n bloeityd-perk, ‘n eie staatsmunt en muntreeks, waaronder die skaars oorgestempelde 1898-pond. Selfs die Anglo-Boere-oorlog het sy kwota skaars munte en note voortgebring, soos die veldponde en die Mafeking-belegnote.
Korter gelede was daar die uitreik van imperiale Uniegeld, wat die legendariese 1931-tiekie opgelewer het, en die ingrypend-ste munthervorming nog — die koms van desimalisasie. Versamelaars sal veral die tabelle en beskrywings van belangrike muntveranderinge waardevol vind. Geld in Suid-Afrika is ‘n pragboek en ‘n insiggewende handleiding vir muntversamelaars en mense wat meer van ons land se munte wil weet.