Geknelde Land – F. A. Venter

R98.00

Toestand: Redelik. Daar is ‘n vogvlekkie al langs die boonste rand van elke blad. Hier en daar hanteringsmerke/vlekkies op sommige van die blaaie en die stofomslag. Binding stewig, stofomslag nog oorwegend goed.
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 328
Uitgegee: 1960 (Tafelberg)
ISBN:

1 in stock

Description

Geknelde Land – F. A. Venter
Boek 1 van die Groot Trek-tetralogie.

Hoe gebeur dit dat ‘n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde Land gee FA Venter ‘n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek.

Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde Land is ‘n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot ‘n besluit gedwing word.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Geknelde Land – F. A. Venter”