Fritz Deelman en die Skepe van Mars – Leon Rousseau

R95.00

Toestand: Redelik. Een naam. Hier en daar vlekkies op sommige bladsye, bladsye en teksblok wys gebruiksmerke. Randverweer op stofomslag.
Formaat:
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 111
Uitgegee: 1974 Tweede uitgawe eerste druk (H&R)
ISBN: 0624005658

Out of stock

SKU: DE199 Categories: , Tag:

Description

Fritz Deelman en die Skepe van Mars – Leon Rousseau

Duisende kilometer bokant die aarde skiet twee ruimteskepe die onbekende in. In een van die skepe sit drie manne strak en gespanne. Hulle bestemming is angswekkend: Mars, die geheimsinnige rooi planeet.

En van hulle hang die voortbestaan van alle volke van die aarde af. Want daar is intelligente lewe op Mars, lewende wesens wat reeds honderde jare die aardbewoners dophou, en wat algehele uitwissing van die aardbol beplan. Hierdie titaniese stryd tussen kosmiese liggame sou wêreldoorloë na burgeroorloë laat lyk …

Die bekende luitenant Fritz Deelman moet hierdie keer die stryd voer teen waansinnige magte van die ruimte.

fritz deelman skepe

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Fritz Deelman en die Skepe van Mars – Leon Rousseau”