Description
Emigreer of Bly – Stephan Joubert
Moet ek bly of emigreer? Wat is die Here se wil vir my? Vir Suid- Afrika? Vir my binne Suid-Afrika?
Hierdie is ‘n vraag waarmee menige Suid-Afrikaners worstel. Ons moet ons besluite oor ons beroep en woonplek, waar dit ook al is, as morele keuses benader. Besluite raak eenvoudiger wanneer ons ons keuses as morele keuses verstaan. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses lig gegee het en van die tafel gevee het. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos.
Ons lewe is nie net ’n inoefening nie. Ons wil hê dat dit iewers moet tel. Daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses ook wanneer ons reisen verblyf keuses maak.