Ek was hier – Nanette van Rooyen

R58.00

Toestand: Baie Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 176
Uitgegee: 2012 (Lapa)
ISBN: 9780799354966

Out of stock

SKU: C260 Categories: , , , Tags: ,

Description

Ek was hier – Nanette van Rooyen

Frankie se gesin is anders. Haar pa kom van Vlaandere en lyk bietjie lyk soos Atilla die Hun. Haar ma het skynbaar in die hippie-jare vasgesteek en het die hele planeet en al sy bewoners lief.

En Frankie? Sy is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Maar sy wonder oor Milan, die geheimsinnige, stil ou in haar klas. En sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend op haar balkon kry.

Milan se pa is liewer vir syfers as vir woorde of ander mense. Hy is ‘n wiskunde-onderwyser en min mense sal vermoed dat hy ‘n swart gordel in judo het.

En Milan? Hy neem kitaarlesse, hou van flieks, old school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en sny snags stensils uit karton. Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront gesien het.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Ek was hier – Nanette van Rooyen”