Een vir Azazel – Etienne Leroux

R45.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1980 Vierde druk (H&R)
Bladsye: 168
ISBN: 0798107499

1 in stock

SKU: GV557 Categories: , Tags: ,

Description

Na sy opspraakwekkende vierde roman, Sewe Dae by die Silbersteins, wat in 1964 met die Hertzogprys vir prosa bekroon is, kom Etienne Leroux met ‘n ewe boeiende roman. Een vir Azazel speel weer op die Welgevonden-landgoed van die Silbersteins, maar dit is agtien jaar na die gebeure in die vorige boek. Jock Silberstein se plaas is nou geskenk aan ‘n Stigting, hoewel die Silbersteins en hul skoonseun, Henry Silberstein-van Eeden, nog daar woon.

Salome is oorlede by die geboorte van haar enigste kind, Adam Kadmon Silberstein, ‘n reus en ‘n idioot. ‘n Meisie, Lila, word vermoor, en die hakkelende speurder-sersant Demosthenes H. de Goede ondersoek die misdaad, begelei deur dr. Johns. Met hierdie fantastiese gegewe lewer Leroux ‘n roman wat in diepsinnigheid en rykdom van intellektuele krag die lesers van sy werke opnuut sal verras en aangryp. Die titel verwys na die Joodse sondebok. Om bepaalde redes is afgewyk van die spelling Asasel, soos dit voorkom in Levitikus 16.