Dwarstrekkers, Dwepers en Dokters – J. C. de Villiers

R180.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 2011 (Protea)
Bladsye: 199
ISBN: 9781869193799

1 in stock

Description

Dwarstrekkers, Dwepers en Dokters – J. C. de Villiers
Merkwaardige vertellings uit die Anglo-Boereoorlog

Met sy Healers, Helpers and Hospitals het prof. J.C. (Kay) de Villers hom wêreldwyd gevestig as dié kundige op die gebied van die mediese geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog.
In Dwarstrekkers, dwepers en dokters vertel hy op ‘n onderhoudende wyse van ‘n hele aantal interessant figure wat hy tydens sy navorsing vir sy groot historiese werk teëgekom het. Mense wat die verskrikkings ën vermaaklikhede van die oorlog aan eie lyf ervaar het. So is daar die romantiese Russiese dokter wat eers met haar eggenoot rusie maak en dan vermom as man haar lewe waag om hom op die slagvelde van Suid-Afrika te gaan soek. Daar is die onstuitbare mediese student Tewie Wessels wat hom as ‘n Engelse adellike voordoen om uit Engeland, waar hy medies studeer, na Suid-Afrika te kom. Daar is die dapper tienermeisie Susie Blignaut wat deur dinamietslagdoppies vermink word. Daar is die Franse kolonel en die flambojante graaf Stemberg, daar is die onkeerbare Mary Kingsley, daar is Robert Montague Poore, die soldaat wat sesse slaan, en soveel ander.
Prof. De Villiers slaag uitstekend daarin om die lewens van merkwaardige, minder bekende enkelinge binne die groter geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog te plaas.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Dwarstrekkers, Dwepers en Dokters – J. C. de Villiers”