Description
Dogter van die Duiwel – Konsalik
Die Dogter van die Duiwel is ‘n groot roman in die allerbeste Konsalik-tradisie: Twee jong mense word vasgevang deur die kritieke tydstip waarin hul lewe. Dié verskrikking is die Rooi Rewolusie van 1917 toe Rusland „’n vervloekte land” geword het.
Nadja is die oogappel-dogter van die geheimsinnige en raaiselagtige monnik, Raspoetin, wat deur sy wondergenesing van die kroonprins ‘n groot invloed oor die Tsaar en sy familie verkry. Raspoetin word die magtigste man in Rusland, maar is hy Satan of Heilige? Sy vyande, soos sommige monnike, glo dat hy sy mag van die duiwel verkry ; dat hy die Antichris is en dat hy besig is om Rusland se ondergang te bewerk.
Maar daar is ook ander wat Rusland wil red deur Raspoetin te vermoor.