Dis My Storie Dié – Piet Meiring

R50.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met mosterdgeel panele sonder omslag
Uitgegee: (PMP)
Bladsye: 225
ISBN: 0620047917

1 in stock

SKU: B531 Categories: , , Tag:

Description

Dis My Storie Dié – Piet Meiring

In Amsterdam is daar ‘n teologiese professor wat aan dieselfde siekte ly as ek. Hy is prof. J. Verkuyl en hy kan ook nie ophou skryf nie. Dit word vertel dat ‘n kollega hom onlangs by sy vakansiehuis besoek het en maar taamlik koel deur mev. Verkuyl ontvang is. Haar man, het sy beduie, is besig om weer ‘n boek te skryf en „ontvang nie”. „Maak nie saak nie”, antwoord die ander. „Ek is nie haastig nie. Ek sal wag”. So blitsig skryf ek darem nie.

Nietemin het ek hierdie boek as opvolg van my radio-reeks, my storie kort op die praatjies se hakke voltooi. Ek wil nie te kenne gee dat die hele wêreld reikhalsend uitgesien het na die verskyning van die boek van die praatjies nie. Tog was daar mense wat gevra het dat dit moet verskyn. En dan moes dit natuurlik gebeur terwyl die woorde nog in hul ore weerklink het. Ek was verras deur die wye inslag van die radio. Klaarblyklik luister baie meer mense daarna as wat mens sou reken met die oog op die populariteit van televisie.

My storie is eintlik meer veelbewoë as iets anders. Al wat mens daaruit kan leer, is hoe om dergelike foute te vermy. Ek hoop ek het ook daarin geslaag om die fout te vermy om oor ou spore te loop. As mens so baie skryf, kan dit maklik gebeur en ek wil nie weer ‘n resensent hoor sê: „en verder loop die skrywer oor dieselfde ou stofpad” nie.

Daarom dat die boek ook nie bloot ‘n herhaling van die radiopraatjies is nie.