Die Wit Boesman – Peter Stark

R120.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 224
Uitgegee: 2008 (Protea)
ISBN: 9781869191535

1 in stock

SKU: GV464 Categories: , , Tags: ,

Description

Peter Stark skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy ‘n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen.

Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibië. Leeus wat San-handlangers jaag, luiperds wat agtervolg moet word en die olifantverhale is maar enkele van die avonture wat die meeste mense nie beskore is nie, maar wat Stark vir die leser werklik maak deur sy ervarings te deel. Die kleurryke karakters wat hy in baie situasies teëgekom het, skets hy met humor en deernis.

Met die hulp van Doc Immelman het Stark dit regg-kry om ‘n belangrike kultuurhistoriese perspektief op Namibië te bied. Die foto’s, meestal deur Stark of sy mede-veldverkenners geneem, dra verder tot die werklikheidsbelewing van hierdie avonture by.