Die Wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden

R90.00

Toestand: Goed. Paar ligte roesvlekkies op teksblok.
Formaat:
Sagteband
Bladsye: 557
Uitgegee: 2017 (Tafelberg)
ISBN: 9780624080527

Out of stock

Description

Die Wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden

Tian Kilian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Soutchinees.

‘n Ryke verskeidenheid karakters bevolk die verhaal, van die KLM-lugwaardin Jenny May tot die Chinees matriarg ouma Voetjies in Amsterdam en die blinde siener ouma Ogies in die Oos-Kaapse Karoo. Van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose Sy…

Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breed opgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Wêreld van Charlie Oeng – Etienne van Heerden”