Description
Die Uile Vlieg Weer – Cor Dirks
Philip Senekal begin sy hoërskoolloopbaan op Kranskop. Die skool is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. Maar eers moet hy ook ‘n Uile-bende stig.
Was sy pa dan nie die Groot Uil van die Uile nie en is hy nie uitgeknip sy pa se seun nie? Groot is sy verbasing toe hy sy kamermaat ontmoet — ene Jorsie Neethling seun van Jorsie Neethling, ‘n ou vriend van sy pa. Een na die ander kom die seuns van die Uile op Kranskop aan. Hennie, Niklaas en Berrie maak die vyf weer voltallig.
Regterhande langs die voorkop met die wys-en middelvinger effens vorentoe gebuig. “Hoe-hoe-ee!”