Description
Die Uile in die Stad – Cor Dirks
Die Uile #10
Gaan nou ewe vriendelik met vakansie en beland goedsmoeds in die hande van ‘n klomp stadsboewe wat dreig om groot moles aan te vang as jy nie wil sê wat jy met die diamante . . .
Nee kyk, dit doen ons nie aan die duisende bewonderaars van Philip, Hennie, Vaatjie, Jorsie en Berrie nie. Ons verseg om hierdie verhaal van Die Uile se eskapades in die stad vir u te bederf.
Feit is: hulle het vir Wadda (van die Woestyn), in die Stad kom kuier . . ‘n jaende motor, ‘n gewapende dief, ‘n ontvoering en die vyf Uile is in groot verknorsing!
Begin nou maar lees . . . en kyk of u oor vyf minute daarin kan slaag om Die Uile in die Stad neer te sit! WEES GEWAARSKU!
Die leser wat hierdie boekie begin lees, sal hom nie kan neersit voordat hy dwarsdeur is nie. Maar dan sal daar nog nie ‘n einde aan die „beproewing” wees nie . . . hy sal eenvoudig nie kan rus voordat hy al die wedervarings van Die Uile saam met hulle belewe het nie.