Die Tweede Lewe – Christiaan Barnard

R60.00

Toestand: Goed. Volblad geskenkinskrywing.
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 1993 (Vlaeberg)
Bladsye: 408
ISBN: 9780947461379

1 in stock

Description

Die Tweede Lewe – Christiaan Barnard

Die oorplanting van die eerste menslike hart in Desember 1967 wat allerweë beskou word as die grootste mediese gebeurtenis van hierdie eeu, het Professor Christiaan Barnard oornag wêreldberoemd gemaak.

Sy eerste boek, Een Lewe, beskryf sy Iewensloop van sy kinderjare tot by die dood van die eerste hartoorplanting-pasiënt. Die Tweede Lewe begin by daardie gebeurtenis en gee meer insig in die vele fasette van Barnard se karakter. Dié boek neem ons van laboratoriums, operasiesale, tele-visie-ateljees, paleise, herehuise, beroemde beddens en huwelike tot by sy liefde vir jong vroue.

Met openhartigheid vertel hy van deure, waarvan die meeste vir ons gesluit is, wat vir hom oopgaan en hoe hy onwetend deur elkeen van hulle gestorm het – verblind en bedwelm deur die ommekeer in sy lewe. Hy vertel ons van sy ontmoetings met Peter Sellers, Gina Lollobrigida, Audrey Hepburn, Sophia Loren en Richard Burton, filmsterre, diktators, politici, kwakke, sjeiks en sjahs.

Hy huil van geluk wanneer ‘n jong meisie, wat elders as ongeigieeslik huis toe gestuur is, deur haar moeder na hom gebring word – en leef. Hy huil van smart wanneer ‘n seuntjie in sy arms sterf. En hy huil van pyn en frustrasie wanneer sy hande al hoe meer deur artritis aangetas word en hulle nie meer kan verrig wat sy brein beveel nie – om te genees.

Chris Barnard is ‘n man wie se naam sal voortleef. Die Tweede Lewe is deur hierdie man geskryf.