Die Roem en die Rou (Honoris Crux) – At van Wyk

R85.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Uitgawe: 2008 (Litera)
Bladsye: 309
ISBN: 9781920188498

1 in stock

Description

“Ek is by Nartjie en is half coos ‘n mammie oor hom. Vandat hy geskiet is, het hy nog nie gekla nie. Sy gewonde arms is oormekaar vasgemaak en hy lê daar terwyl op ons geskiet word. Ek lê voor hom en skiet, toe dra ek hom na waar hulle hom nie kan raakskiet nie.”

“Reg voor is ‘n krans, en van oorkant die pad skiet die Kubane dat dit gons. Toe haal ek maar my enigste twee sigarette uit en ons rook vir die senuwees.”

“… hy noem my toe ‘n sleg troepie. ‘n Sleg troepie! Ek’s ‘n troepie vandat ek in die armie gekom het en ek’s heppie. En … toe gebeur dit en ek dink net ek moet iets doen, en ek doen dit. En toe vat hulle my terug kamp toe en laat my stort en … Newwermaaind, hulle gee my toe ‘n baie lekker toekenning op Grootfontein voor duisende troepies en hoër range en dinge en kyk, ek is nie jammer ek’t dit gedoen nie.”

“Miskien was ons regering op ‘n dwaalspoor, maar ons rol as soldate, hoewel menigmaal futiel, was noodsaaklik. Ja, al ons mense was ridderlik en trots, veral die dapperstes, die bode wat gesterf het.”

So vertel manne wat daar was toe Honoris Crux vir uitstaande dapperheid verwerf is. Die meeste toekennings is verwerf in die Suid-Afrikaanse Bosoorlog, waarvan party wil vergeet, terwyl baie hul allerbeste gegee het. Die roem en die rou: Stories agter Honoris Crux het in 2008 die eerste keer verskyn as ‘n keur uit vertellings wat dekades gelede verskyn het in At van Wyk se twee boeke, Honoris Crux Ons Dapperes/ Our Brave en Honoris Crux II.

Ook inligting wat destyds as te sensitief vir publikasie beskou is, is hierin opgeneem. Hierdie heruitgawe verskyn op aandrang van lesers en boekhandelaars. Die troepe se stories gaan oor lewe en dood, oor dade van “malheid of dapperheid” en is deurweef met humor, ironie, tragiek en patos.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Roem en die Rou (Honoris Crux) – At van Wyk”