Description
Die Groot Verlange – Leon Rousseau
Die gedagte om hierdie lewensverhaal van Eugene N. Marais te skryf, het in 1946 ontstaan, 28 jaar voor die publikasie van die boek. Die skrywer het in 1962 in alle erns daaraan begin werk. Met lang onderbrekings het die taak 12 jaar geduur.
Die Groot Verlange bied nie alleen ‘n fassinerende blik op een van die veelsydigste en merkwaardigste Afrikaners wat ooit geleef het nie, maar gee terselfdertyd ‘n panorama van ‘n groot deel van ons geskiedenis. Die verhaal begin in die vroeë dae van Pretoria en eindig drie jaar na Hitler se bewindsaanvaarding.
Teen hierdie wisselende agterdoek leer ken ons Marais in al sy veelsydigheid.
Reviews
There are no reviews yet.