Die Binnekring – Jan Heunis

R50.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 2007 (Jonathan Ball)
Bladsye: 214
ISBN: 9781868422838

1 in stock

SKU: GV559 Categories: , Tags: ,

Description

Fassinerende nuwe blikke op onlangse geskiedenis – ‘n dikwels vermaaklike kykie agter die skerms.’
Max du Preez

In die buitengewone getuieverslag onthul Jan Heunis die stories agter baie van die mees dramatiese gebeure van die laaste jare van blanke oppergesag, en beskryf hoe die Nasionale Party oplaas die loef afgesteek is in onderhandelings met die ANC soos Suid-Afrika uit die somberheid van `n halfeeu van Nasionalistiese bewind verrys het.

Na hy ‘n regsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het, werk Jan Heunis by die departement van buitelandse sake as ‘n regsadviseur en kort voor lank word hy hoofstaatsregsadviseur in die staatspresidents-kantoor. Later speel hy `n invloedryke rol in die veelparty-onderhandelings wat tot die grondwet van 1996 gelei het.

As seun van minister van staatkundige ontwikkeling Chris Heunis is hy gebore en getoë in die Nasionale Party, maar was nooit self ‘n politikus nie. Hy het egter van dtgby saam met – en dikwels teen – Suid-Afrika se magtigste politieke figure gewerk. Vanuit die insig op professionele sowel as persoonlike vlak wat die gunstige waarnemersposiste hom gebied het, takseer Heunis op snydend eerlike wyse sleutelspelers soos PW Botha, Nelson Mandela, Pik Botha, FW de Klerk, Kobie Coetsee, Denis Worrall, Hernus Kriel, Roelf Meyer en natuurlik sy pa, the komplekse Chris Heunis.