Description
Die Arkvaarders – Anne Provoost
Re Jana trek saam met haar pa en haar verlamde ma weg van die moerasse in Kanaan, want die water bly styg. Daar word vertel dat iewers in die binneland ‘n reusagtige vaartuig gebou word en dat die boumeester nog werkers soek. Diep in die rotswoestyn is ‘n groot bouwerf, en in die middel daarvan staan dit waaroor almal in Kanaan lag: die skip in die woestyn.
Die arkbouers wat almal in net een god glo, verwag ‘n groot onheil. Gaandeweg kom Re Jana agter watter rampspoed hulle gaan tref: die hele wêreld gaan oorstroom word. Daar is net plek op die ark vir die boumeester en sy familie. Gam, die jongste seun, beloof aan Re Jana ‘n plek op die skip. Maar dan kom die slanke Neelata daar aan. Neelata is bestem om Gam se vrou te word…