Description
Die Anglo-Boereoorlog in Beeld – Johannes Meintjes
Hierdie geillustreerde geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog is ‘n boeiende en realistiese weergawe van die stryd tussen Boer en Brit.
Johannes Meintjies skets die politieke motiewe wat tot die stryd gelei het; daarna ontplooi die oorlog in chronologiese volgorde oorwinning en neerlaag wissel mekaar vinnig af; die verbeeldingryke strategie van Boeregeneraals vorm ‘n skerp kontras met geregimenteerde Britse oorlogvoering; die guerillastryd met die ontwykende Christiaan de Wet aan die spits gryp die verbeelding van die leser aan. Bo alles is dit ‘n uitbeelding van die mens in ‘n tyd van ontwrigting en oorlog: die eensame Britse soldaat op die onsimpatieke Suid-Afrikaanse vlaktes; die ontbering van vroue en kinders in ‘n land verwoes deur ‘n onverbiddelike oorlog.
Die karakters, hul leefwyse en omstandighede word ‘n werklikheid; die leser ervaar die hitte en ongenaakbaarheid van die veld; Hy deel in die lief en leed van die driejarige oorlog – die mees dramatiese tydperk in die geskiedenis van die Afrikaner volk; ‘n ongelyke stryd wat die destydse wêreld verstom het en waaruit die moderne, verenigde Suid-Afrika gebore is.