D.J. Opperman : ‘n Biografie – J. C. Kannemeyer

R100.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1986 (H&R)
Bladsye: 520
ISBN: 0798119993

1 in stock

SKU: GV572 Categories: , , Tags: ,

Description

**Geteken deur Kannemeyer**

In hierdie omvattende, ryk geskakeerde werk skep prof. J.C. Kannemeyer ‘n onvergeetlike beeld van die groot Afrikaanse digter “Dirk der duisende”.

Hy beskryf Opperman se boeiende lewensloop van plaasseun in Natal tot sy onbetwisbare posisie as doyen van die Afrikaanse letterkunde. Sy invloed op veral die Afrikaanse poësie, die rol wat hy agter die skerms gespeel het, sy vormende invloed op jong talente – dit word alles helder in hierdie boek uitgebeeld.

D.J. Opperman sal, soos Kannemeyer se tweedelige Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur, as ‘n monument staan in die Afrikaanse letterkundige geskiedskrywing. Dit is ‘n boek vir almal wat belang stel in die letterkunde en die algemene kulturele en politieke geskiedenis van Suid-Afrika. Bowenal is dit ‘n boek vir almal wat die verrykende ervaring gehad het om Opperman as mens te kon ken, ook die duisende studente vir wie hy in sy lang akademiese loopbaan klas gegee het.

“Hy moes drie dode sterf, maar hy wat drie maal sterf die sterf nie meer; . hy leef in hierdie land nou ewig en altyd!” Met woord en fotobeeld toon J.C. Kanne-meyer hoe hierdie woorde uit “Gebed om die gebeente” ook waar is van Opperman self.