Description
Brood uit die Koring: Sasko se Eerste Halfeeu – Piet Meiring
Die boekstawing van die geskiedenis van Sasko en sy rol in die koringbedryf toon dat die maatskappy ‘n monument is vir die deursettingsvermoë van die Suid-Afrikaanse koringboer. In hierdie boek word daar met dankbaarheid teruggekyk na wat die afgelope 50 jaar alles bereik is. Die prestasies van die verlede vorm terselfdertyd die fondament waarop verder in die toekoms gebou sal word.
Die rol van mense was die grootste enkele faktor in die ontwikkeling en groei van Sasko as koperatiewe meulenaar en bakker oor die eerste halfeeu. Terselfdertyd is die verhaal van Sasko, wat op 7 Oktober 1930 gestig is, ten nouste gekoppel aan die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse koringbedryf in die breë. Agtergrondinligting van en staaltjies oor persone wat leiding geneem het in die uit-bouing van Sasko en die koringbedryf word in hierdie boek saamgevat. Volledige feitelike en statistiese inligting word op ‘n onderhoudende wyse in die ver-haal van Brood uit die koring verweef. Hoewel lewenlose geboue, rollers en oonde ingespan word om koring tot brood en ander meelprodukte te verwerk, is en was die mens steeds die belangrikste skeppende pro-duksiefaktor en die grootste bate wat die rig-ting en tempo van die ontwikkeling verseker het.
Die suksesverhaal van Sasko is in ‘n groot mate te danke aan sy beleid van desentralisasie waardeur aan elke werknemer onbeperk-te geleenthcid vir selfverbetering geskep word. Die aanmoediging van spanwerk tesame met die erkenning van individuele prestasies is die basis van hierdie beleid soos dit steeds toegepas word.
Die stabiliteit in die koringbedryf van die Republiek is grotendeels te danke aan mense wat daarna strewe om stapelvoedsel teen ‘n redelike prys aan al die verbruikers beskikbaar te stel, met landsbelang bo eie belang. Sasko is gestig deur die koperasies van Suid-Afrika vir die koiiperasies en vervul sy rol met onderskeiding.
Reviews
There are no reviews yet.