Bosberaad – Pieter Pieterse

R45.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband
Bladsye: 128
Uitgegee: 1994 (H&R)
ISBN: 9780798133654

Out of stock

SKU: F505 Categories: , Tags: , ,

Description

Bosberaad – Pieter Pieterse

Bosberaad is nog ‘n prettige werfjoernaal deur Pieter Pieterse, bobaasverteller en kosmaker van TV-faam.

Hierdie keer maak hy en sy Ingilsman in Die Spookhuis, sy wapadwoning, staning in die verre noordooste van Venda se grens met Zimbabwe en Mosambiek. Met humor en die fyn aanvoeling van iemand wat die natuur liefhet, bring hy dië ongerepte stukkie aarde met sy diertjies en hulle plesiertjies oor jou drumpel — en in jou hart in.

Die stories is weer eens mild en aards soos die bodem waaruit hulle groei: langs die Mutalirivier, onder die groot brakdoring word jou lewe ook deel van die troppie dekadente bobbejane en hulle inhibisielose bestaan, van die driftige muis, Halfmas, wat daagliks sy troepe by die tent se voorseil inlei, van die groenrugreiertjies en hulle stryd teen die stormwater van die Mutali en les bes van die kameelperdbulletjie wat staan en lippe smak toe die Ingilsman in die daklose kleine huisie in gedagtes versonke van die leesdingetjie op haar knieë opkyk…

So tussen die vertellings deur is dit nouboddies-bisnes as daar ‘n nattigheidjie langs jou neus afloop — die lag en die trane meng maklik met die werfstories wat vra om geskryf te word.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Bosberaad – Pieter Pieterse”