Bitter Heuning – Hermione Suttner

R75.00

Toestand: Goed. Fotostaat van ‘n koerantresensie van die boek is aan die binnekant van die omslag vasgeplak.
Formaat: Sagteband
Bladsye: 354
Uitgegee: 2011 (Kwela)
ISBN: 9780795703133

1 in stock

Description

Bitter Heuning – Hermione Suttner

Ek is Mara, die dogter van Bavaria Mara gebore ter see.

So begin die Sandveldse roman oor die wel en wee van Mara, dogter van Bavaria Mara en Jakop Brandt, die tweede seun van ‘n Sandveldboer van die plaas De Heuwel, teen die oewer van die Bergrivier.

Vroeg al verloor Mara haar hart op Theunis, enigste erfgenaam van die buurplaas, Misverstand. Maar haar pa Jakob is ‘n onverbiddelike man, en dikwels onredelik.

‘n Meesleurende roman wat afspeel in die Sandveld.