As Mens Geluk Kon Proe – Zelda Bezuidenhout

R50.00

Toestand: Redelik. Bietjie omslagverweer en vogvlekkie aan onderkant van laaste klompie blaaie. Een naam.
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 2018 (Lapa)
Bladsye: 194
ISBN: 9780799389470

1 in stock

Description

As Mens Geluk Kon Proe – Zelda Bezuidenhout

NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017!

Soms is geluk soos ‘n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ‘n Nuwe dorp en ‘n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te herontwerp.

Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef. Maar toe Arnelia uit die bloute ‘n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk.

‘n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “As Mens Geluk Kon Proe – Zelda Bezuidenhout”