Al Laggende en Pratende – Celestine Pretorius

R220.00

Toestand: Goed. Penonderstrepings hier en daar in die teks.
Formaat:
Sagteband
Bladsye: 119
Uitgegee: 1998 (H&R)
ISBN: 079813836X

Out of stock

Description

Al Laggende en Pratende – Celestine Pretorius

Al laggende en pratende is die sonderlinge verhale van ‘n aantal vroue wat huis en haard moes verlaat om hulle in ‘n verre, vreemde land te vestig. Die verhale gaan oor eerste moeilike jare in onbekende omgewing, oor slawerny, armoede en rykdom, oor klere, kwinte en kwale, oor die godsdiens en die kunste en die immergroen liefde.

Die leser maak kennis met vroue soos die tragiese Eva van Meerhoff, wat verskeur was tussen die wêrelde van die Koi en die koloniste, die vindingryke Annatjie Boom, wat beskou kan word as die eerste boer aan die Kaap, Sara, die staminoeder van die De Klerks, en die sonnige, opgeruimde Johanna Duminy wat haar aande aal laggende en pratende” verwyl het.

Hul ervarings getuig van vroue wat gedoen het wat hul hand gevind het om te doen — en in die verlede, nes in die hede, is die werklikheid dikwels vreemder as fiksie.