3 Van Die Bestes – De Kock, Ferreira, Le Roux

R50.00

Toestand: Goed, boeksakkie op skutblad geplak
Formaat: Sagteband
Bladsye: 383
Uitgegee: 2000 (Lapa)
ISBN: 9780799328189

1 in stock

Description

3 Van Die Bestes – Helene De Kock, Jeanette Ferreira, Christine Le Roux

‘n Bundel met drie lekkerleesverhale uit die pen van drie van die land se skrywers wat weet hoe . . .

VONKELJAAR SE KIND

Die storie van Heldervlei, ‘n wynlandgoed in die Kaap, en sy mense: die wynmakerbroers, Johannes en Hermanus, die mooie Dalene wat aan die een broer beloof is, die fraaie dokter Juliana wat gou soos een van die gesin word, en van harte wat nie vir hulle laat voorskryf nie. ‘n Soete verhaal wat ver in die verlede begin met ‘n baba wat een nag op Heldervlei gebore word en kort daarna ver-dwyn, maar hedendaags is soos vandag. ‘n Boeiend-romantiese verhaal soos net Helene de Kock dit kan skryf.

DIEPWATER

Robin gaan bestudeer rotstekeninge op Emil de Villiers se plaas, en daar ontstaan ‘n sonderlinge vriendskap tussen hulle waar hulle aand na aand kuier om die kampvuur voor die jagtershut waar sy bly, waar hulle diep prate praat oor alles en almal behalwe hulself. Want in haar verlede is Louis, Emil se vennoot in sy veeartsenypraktyk; in syne is daar ‘n vrou oor wie hy nie praat nie. Jeanette Ferreira se liefdesverhale smeul onder die oppervlak, hou die leser gevange tot by die laaste woord.

KANTELDAG VAN DIE HART

‘n Besoek aan die tandarts verander Francois se rustige alleenloperlewe soos handomkeer, want hy ontmoet die tandarts se suster, die borrelende Tessa. Tessa maak deur ‘n agentskap afsprake met vreemde mans omdat sy besig is om navorsing te doen vir ‘n storie, en aangesien sy nie durf waag om haar jaloerse kêrel daarvan te vertel nie, word Francois betrek as klankbord en getroue hoeder. Hy wil graag meer wees, maar daar is Dawid, en hy is in sy eie oë so onopwindend. ‘n Heerlik humoristiese liefdesverhaal met heelwat kinkels uit die vaardige pen van Christine le Roux.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “3 Van Die Bestes – De Kock, Ferreira, Le Roux”