Description
1 Recce : Die Nag Behoort Aan Ons – Alexander Strachan
1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.
Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce’s se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.
Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van ‘n hoogsgeheime “Eskadron” in die destydse Rhodesiese Weermag.
Ná jare van mites en geheimhouding gee 1 Recce – Die nag behoort aan ons ‘n totaal nuwe blik op die Recce’s en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.
Reviews
There are no reviews yet.